Local newsNews

Ouma Lettie spog met 109 nasate

94 jaar oud – 109 nasate en nog blakend gesond.

Lettie Scholtz Gerber van Bootha-plotte het op Vrydag, 14 Oktober ‘n volle 94 jaar oud geword. Sy is op 14 Oktober 1922 gebore.

Ouma Lettie, 'n merkwaardige vrou!
Ouma Lettie, ‘n merkwaardige vrou!

Ouma Lettie bly tans op ‘n plot saam met haar seun Hennie Gerber en kleindogter, Aletta Scholtz. Ouma Lettie versorg ook nog daagliks haar eie plante en diere. Die Herald het haar op haar spesiale dag gaan ontmoet. Toe sy gevra is hoe sy voel om 94 jaar oud te wees, het sy geantwoord, “Dit voel net soos nog ‘n verjaarsdag”.

Dié merkwaardige vrou het ‘n interessante geskiedenis. Sy het ‘n besonder goeie geheue en onthou haar grootworddae goed.

Daan van der Watt, haar skoonseun, het aan die Herald vertel dat Ouma Lettie 17 kinders (10 seuns en sewe dogters) in die wêreld gebring het, maar 23 grootgemaak het – ses van hulle as pleegouer. Hy het bygevoeg dat 14 van Ouma Lettie se eie 17 kinders tuis gebore is.

Haar eerste huwelik op 16-jarige ouderdom was met Willie Scholtz. Hulle het saam 14 kinders. Willie is op die ouderdom van 56 oorlede. In 1961 is sy met Carel Gerber getroud, en hulle het saam drie seuns.

“In haar leeftyd was sy vir meer as 12 jaar swanger. Vandag leef 11 kinders nog – die oudste word 71 en die jongste 51. Sy het tans 109 nasate – 45 kleinkinders, 45 agterkleinkinders en agt agter-agterkleinkinders.”

Ouma Lettie het in Kocksoord grootgeword en is ‘n oudleerling van Laerskool Rapportryer. Daan het vertel dat sy ook Laerskool Rapportryer se oudste oudleerling is. Haar ma is op 93 jaar oorlede.

Ouma Lettie, 'n merkwaardige vrou!
Ouma Lettie, ‘n merkwaardige vrou!

Haar familie wil graag die volgende vir haar sê, “Ons salueer vandag vir Ouma Lettie. Ons dank die Here vir so ‘n mens.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button