Local newsNews

Nuwe toneelproduksie by AGS Randgate

'Al ooit gewonder wat verder met Hompie gebeur het?'

Oppiplanke Toneelgroep gaan ‘n verhoogproduksie Hompie by die AGS Kerk Randgate op 19, 20, 21 en 23 Oktober aanbied.

Hierdie produksie is deur die Heilige Gees geïnspireer en het die skrywer, Louis Nel, dadelik met erns laat begin skryf aan die storie. Oud en jonk kan hulself daarmee vereenselwig.

“Hierdie produksie beloof om die lagspiere te prikkel, maar ook om ‘n traan of twee te trek. Dis ‘n produksie uit die hart vir die hele gesin,” het Louis gesê.

Hy het ook gesê dat alhoewel die produksie gebaseer is op die kinderrympie, gaan dit oor soveel meer. Hy vra die vraag,” Al ooit gewonder wat verder met Hompie gebeur het?”

Die produksie begin 6.30nm vir 7nm. Toegang is gratis en almal is welkom!

Adres : AGS Kerk Randgate, Baileystraat 48.

Vir meer inligting kan Louis Nel geskakel word by 084 510 2391.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button