Local newsNews

Man, 52, oorleef varkgriep

'n Inwoner van Wheatlands vertel hoe hy by die dood omgedraai het weens varkgriep.

Anton Zaayman, 52, het die dood in die gesig gestaar nadat hy op 5 September met varkgriep gediagnoseer is.

Anton het vertel hoe twee dae tevore baie siek begin word het terwyl hy in Viljoenskroon vir besigheid was. Sy simptome was soortgelyk aan dié van longontsteking. Hy is in die Netcare Krugersdorp Privaat Hospitaal opgeneem waar hy in totaal 19 dae en ‘n week lank onder sedasie in die intensiewesorg-eenheid was.

Anton Zaayman, so gelukkig om te lewe!
Anton Zaayman, so gelukkig om te lewe!

Toe Anton se koors nie wou breek nie, is daar bloed getrek en vir die H1N1-virus (varkgriep) getoets. Die uitslag was 100 persent positief vir varkgriep. Hy het ook gesê dat daar 18 keer van sy bloed getrek is en dat hy in een week in die intensiewesorg-eenheid 6kg-gewig verloor het.

‘n Longbiopsie vir ontleding en ‘n longspoeling is ook gedoen.

“Toe ek in die intensiewesorg-eenheid was, het my longe platgeval en masjiene moes my aan die lewe hou,” het hy vertel

Riana, 49, Anton se vrou, het verduidelik dat dit die ergste gevoel was om haar man so weerloos in die intensiewesorg-eenheid te sien lê.

Anton Zaayman en sy vrou, Riana met 'n foto van hom in die intensiewesorg-eenheid.
Anton Zaayman en sy vrou, Riana met ‘n foto van hom in die intensiewesorg-eenheid.

Volgens die Zaaymans weet niemand waar varkgriep vandaan kom nie, maar hulle raai die gemeenskap sterk aan om jaarliks die griepinspuiting te neem. Hulle verduidelik dat hoë koors, seer ribbes en hoes ‘n paar van die tekens is om voor uit te kyk. Riana het verduidelik dat as varkgriep in ‘n vroeë stadium gediagnoseer en betyds behandel word, dit genees kan word.

Anton was 11 dae in die hospitaal en sterk nou by die huis aan.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button