NewsSchools

Randfontein se Mary Poppins

Heidi en Peter Kleuterskool gaan ook op 31 Oktober in 'n program op DStv-kanaal 146 verskyn.

Op 12 Oktober het die Herald vir Rochelle de Beer, 46, eienaar van Heidi en Peter Kleuterskool, beter gaan leer ken.

Rochelle, wat nege jaar gelede Heidi en Peter Kleuterskool van haar huis af begin bedryf het, het nou al twee kleuterskole in Randfontein.

Haar passie vir kinders was duidelik toe sy gesê het, ” Ek sien dat van my kleuters wat nou in die laerskool is, uitstekend presteer. Dit maak my so gelukkig om te sien hoe hulle floreer.” Sy glo ook vas aan die goeie grondslag van praktika en musiek.

“Musiek is uitstekend vir babas en kleuters. Dit stimuleer so baie van hul sintuie,” het Rochelle gesê.

Sy het verduidelik dat sy die resultate van musiek in haar eie kind beleef wat reeds op die ouderdom van nege uitstekend kan klavierspeel en ook baie goed vaar op skool.

Die Herald was verstom oor haar kennis van kinders, en ook die higiëne wat sy toepas in haar kleuterskole.

Heidi en Peter Kleuterskool gaan ook op 31 Oktober in ‘n program op DStv-kanaal 146 verskyn en nooi die gemeenskap uit om daarna te kyk.

Vir enige verdere inligting skakel vir Rochelle de Beer by 072 322 2690.

Lees ook

Heidi en Peter sit glimlag op gesigte

Heidi en Peter Kleuterskool se Kerskonsert

Related Articles

Back to top button