Opinion

Dankie vir jou hulp, vreemdeling

In hierdie tyd waarin ons leef is jy een uit tienduisend!

‘n Dankbetuiging.

Tot my skande, vriend, het ek nie jou naam gevra nie – jy’s die Samaritaan wat verlede Saterdagmiddag omstreeks drieuur my op die Krugersdorp-pad bygestaan het toe my motor onklaar geraak het.

Letterlik honderde ander het verby gesnel, maar jy’t stilgehou met jou swart Mahindra-bakkie en onselfsugtig jou hulp gegee, ongeag jou netjiese, skoon Korrektiewe Dienste-uniform!

Toe die fout so herstel is dat ek ten minste my huis teen ‘n slakkepas kon bereik, het jy teen dieselfde pas voor my gebly om te verseker ek kom veilig tuis.

Weer vra ek jou: “Hoe sê ek dankie?!”

In hierdie tyd waarin ons leef is jy een uit tienduisend!

Baie dankie.

Related Articles

Back to top button