Local sportSport

Skyfskiet van jongs af in Esmari se bloed

As die gogga eers byt, dan los hy nie weer nie – vrou wat al reeds aan talle Statebond- en Olimpiese-spele asook Wêreldkampioenskappe vir skyfskiet deelgeneem het.

Ontmoet die Randfonteiner wat reeds aan talle Statebond- en Olimpiese-spele asook Wêreldkampioenskappe vir skyfskiet deelgeneem het.

Esmari van Reenen het op die ouderdom van 15 met haar passie vir skyfskiet by Hoërskool Monument in Krugersdorp begin.

“Ek het dit probeer en dit was net ‘n natuurlike aanleg wat ek gehad het. As die gogga eers byt, dan los hy nie weer nie,” het sy vertel.

Esmari van Reenen is trots op haar prestasies.
Esmari van Reenen is trots op haar prestasies.

Daarna het sy op 16-jarige ouderdom vir olimpiese-dissipline begin skiet waar sy haar junior en senior Protea-klere by die Australian Shooting Games in Brisbane verower het. By die kompetisie het sy goud, silwer en brons ontvang in verskeie kategorieë.

Dit was egter net die begin van Esmari se skyfskietloopbaan. Intussen het sy aan min of meer 30 internasionale kompetisies deelgeneem waar sy talle podiumplekke behaal het.

“Dit gaan nie oor die medalje nie, dit gaan oor die werk wat ingesit is voordat jy deelneem.

Dit vat baie harde werk, deursettingsvermoë en oefening. Dit is die beste gevoel om te weet dat jy jou beste gegee het, en dat jou beste jou so ver gebring het. Jy wil jouself oortref elke keer,” het Esmari vertel.

Esmari van Reenen is trots op haar prestasies.
Esmari van Reenen is trots op haar prestasies.

Sy is glo ook die eerste Afrikaanssprekende wat vir die ‘Prone’-divisie 600 uit 600 tydens die Gauteng Kampioenskappe geskiet het.

Esmari is tans in die proses om ‘n skietskool te begin saam met Martin Senore, eienaar van die Eagle Eye Shooting Centre Club. Sy beoog ook om ‘n struktuur in plek te stel om kinders te leer skiet en hulle te assisteer deur die proses.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button