Local newsNews

AfriForum se W’aria-tak word groen

Bewaar die natuur – AfriForum se Westonaria-tak aan leerlinge nadat twee inheemse Karee-bome by Westonaria Primary geplant is.

Volgens die World Wildlife Fund (WWF) – die toonaangewende organisasie vir wildbewaring en bedreigde spesies – word woude so groot soos sowat 36 sokkervelde elke minuut vernietig.

Daar word daagliks tonne bome verwyder wat noodsaaklik is vir die mens se voortbestaan.

AfriForum het dit goedgedink om bome regoor die land te plant ter viering van die land se erfenis. Die Westonaria-tak neem deel aan dié projek met die oogmerk om vyf bome in hul area te plant.

Op Dinsdag, 27 September het AfriForum Westonaria twee inheemse Karee-bome by Westonaria Primary geplant met die verwagting dat dit saam met die skool sal groei.

“Ons wil kinders leer om die natuur te bewaar en ‘n kultuur van omgewingsbewustheid onder dié generasie skep,” het Sannie Kruger, lid van AfriForum Westonaria vertel.

Op Donderdag, 29 September sal hulle drie bome by Hoërskool Westonaria plant.

“Ons probeer sover moontlik ons deel vir die gemeenskap doen. Bome is suurstof en dit gee leerlinge die kans om saam met die boom te groei,” het Sannie gesê.

AfriForum Westonaria glo die bome sal diep in die skole se harte wortel skiet.

“Ons wil graag AfriForum bedank vir die skenking. Ons sien daarna uit om saam met dié boompies te groei,” het Billy Hutton, skoolhoof van Westonaria Primary gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button