Local newsNews

Groot Knuppeldik Basaar vir die gemeenskap

Kerk sien uit om die hele Randfontein by hul jaarlikse basaar op 30 September te verwelkom.

Hervormde Kerk Midpark sien uit om hul jaarlikse Knuppeldik Basaar vir lede van die gemeenskap op Vrydag, 30 September aan te bied.

Die basaar sal by NHK Midpark, Tortelduifstraat 18, Helikonpark plaasvind.

Ds Jasper van der Westhuizen hou die geel basaarpamflet vas waarmee iemand ‘n gasbraaier ter waarde van R5 000 kan wen.
Ds Jasper van der Westhuizen hou die geel basaarpamflet vas waarmee iemand ‘n gasbraaier ter waarde van R5 000 kan wen.

By dié bekende basaar is daar verskeie groot pryse op die spel. Elke besoeker staan ‘n kans om ‘n gasbraaier ter waarde van R5 000 te wen deur slegs ‘n geel basaarpamflet saam te bring.

Volgens die kerk kan ander pryse ook met die gelukstrekking gewen word, naamlik R300 en R150 se kaartjies wat by die basaar gebruik kan word .

Ds Jasper van der Westhuizen is opgewonde oor die Knuppeldik Basaar.
Ds Jasper van der Westhuizen is opgewonde oor die Knuppeldik Basaar.

“Ons sien uit om die hele Randfontein daar te sien. Ons moedig die gemeenskap aan om te kom deel vorm van ons negende rekordbasaar met ‘n massa-opkoms,” het ds Jasper van der Westhuizen vertel.

• Navrae: Jasper van der Westhuizen by 083 415 2555.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button