NewsSchools

Jannas stel maatstaf vir Siviele Tegnologie

Jannas-leerlinge wys hoe mens Siviele Tegnologie moet aanpak.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het die maatstaf gestel vir die res van Gauteng se Siviele Tegnologie-leerlinge.

Broodwa Oberholzer is Jannas se onderwyser in dié vak.

Op Maandag, 22 Augustus het alle vakadviseurs in Gauteng die skool besoek vir ‘n Praktiese Assesseringstaak- (PAT-) standaardisering. Dit is ‘n pluimpie vir Jannas aangesien dit beteken dat die Siviele PAT-standaardisering volgens Jannas se PAT-take bepaal sal word.

Juandre Engelbrecht en Ruan Carew staan by hul houtwerk. Foto: Ingestuur.
Juandre Engelbrecht en Ruan Carew staan by hul houtwerk. Foto: Ingestuur.

Elke graad se PAT verskil. Vanjaar het die Graad 10’s blaasbalke gemaak, die Graad 11’s het kapstokke uit hout gesny en die matrieks het rioolstelsels voltooi.

Jannas se Siviele Tegnologie-leerlinge se talente eindig nie daar nie – hulle skenk jaarliks iets spesiaal wat hulle self gemaak het aan minderbevoorregte kinders. Hierdie jaar is Rainbow Daycare die gelukkige ontvangers van hobbelperdjies.

“Ons is baie trots op die leerlinge en hul onderwyser, en kan nie wag om die kinders se gesigte te sien wanneer hulle die besonderse speelgoed ontvang nie,” het Tamaryn Smith, Jannas-woordvoerder gesê.

Meer oor Jannas:

Janas sit hul liefdadigheid-voet voor

Teatergogga byt Jannas

Related Articles

Back to top button