Local newsNews

VLU-lede kuier en maak voetstoeltjies

Daar word twaalf keer ‘n jaar aan verskeie kreatiewe projekte, van breiwerk tot fotografie gewerk.

Die eerste Donderdag van elke maand word as baie belangrik op die Vroue-Landbou-unie (VLU) Ridderspore-tak se kalender gemerk.

Vroue wat deel vorm van dié tak kom uit alle dele van Randfontein om die byeenkomste saam met die ander lede te geniet. Twaalf keer ‘n jaar kom hulle bymekaar om aan nuwe, innoverende projekte te werk en idees uit te ruil.

Op Donderdag 1 September is nog so ‘n VLU-byeenkoms suksesvol aangebied.

“Die hoofdoel van die VLU is om nuwe dinge en die tegnieke wat daarmee gepaard gaan, te leer,” het Gerda Benadie, voorsitter van die Ridderspore-tak vertel.

Dié maand werk hulle aan kreatiewe voetstoeltjies wat hulle van herwonne materiaal maak. Hulle gebruik tweeliter-plastiekbottels, sand om die stoeltjie swaar te maak, watteersel en ‘n sloop.

“Ons is veral daarop gefokus om herwinbare produkte om te skakel in nuwe, bruikbare artikels wat ‘n mens van voor af kan geniet,” het Gerda met ‘n glimlag gesê.

Die projekte waaraan hulle werk, skryf hulle in vir die VLU Overvaal Kompetisie van 2016/2017. Hulle het reeds aan verskeie projekte soos borduurwerk, breiwerk, macramès en kumihimo’s gewerk.

Gerda sien daarna uit om nog vele ander projekte saam met die ander taklede aan te pak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button