School sportSport

Riebeeck die kampioene in jukskei

Riebeeckrand verower talle prestasies tydes die skole jukskeiliga.

Al vyf jukskeispanne van Hoërskool Riebeeckrand het podiumplekke behaal tydens vanjaar se skolejukskeiliga wat op 20 Augustus geëindig het.

Die skole in die liga is Hoërskool Bastion, Hoërskool Monument, Randfontein High School, Hoërskool Jan Viljoen en Hoërskool Riebeeckrand. Riebeeckrand het vyf spanne ingeskryf.

Die dogterseerstejukskeispan wat vroeër vanjaar by die SA-skolekampioenskappe as die beste skoledogtersjukskeispan in Suid-Afrika aangewys is, het nie teleurgestel nie.

Die span het weereens stof in hul opponente se oë geskop en as die kampioene weggestap. As ligawenners gaan die span op 10 September aan die Direkteurstoernooi in Pretoria deelneem.

Die o.16A-dogterspan het ‘n uitnemende tweede plek behaal. Die eerste- en o.16A-seunspan asook die o.16B-dogterspan het elke ‘n derde plek verower.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op al hul jukskeispanne wat ‘n plek onder die top drie behaal het. Die ligawenners se prestasie is iets besonders. Riebeeckrand bedank graag hul uitstekende jukskei-afrigter, Annelie Stoltz vir haar harde werk en lojale ondersteuning.

Hier is die name van die leerlinge wat in die onderskeie jukskeispanne aan die liga deelgeneem het:

• Eerstedogterspan: Larisca Stoltz (kaptein), Marna Bronkhorst, Ju-hanie Wilken, Marianca Masser en Rozelle Masser (reserwe)

• Eersteseunspan: Michal Broodryk (kaptein), Jové du Plessis, Reinhardt Hechter, Louis Grundling en Ruan van Zyl (reserwe)

• o.16A-dogterspan: Rozelle Masser (kaptein), Chanelle Mans, Bernadine van der Merwe en Janeske Venter

• o.16A-seunspan: Tiaan Wilken (kaptein), Reuben McDonald, Teodoir van Staden en Janco Olivier

• o.16B-dogterspan: Cara la Grange (kaptein), Sandra van der Merwe, Simoné van der Merwe, Charlize Roestorff en Charné Venter (reserwe)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button