Verkoue saam met die lente

Ek kry dit elke jaar. Daar is geen keer nie.

My woorde was skaars koud toe slaan die verkoue my tussen die oë.

Ek kry dit elke jaar. Daar is geen keer nie. Dis ‘n monster wat my al lank jag en sy naam is Mnr Verkoue en Griep.

Verlede week het ek gepraat oor hoe versigtig ‘n mens moet wees vir kieme in die huis, en dat jy alles van hoek tot kant moet ontsmet. Wel, ek was my hande byna elke uur en dit het nie gehelp nie …

Al is mens oorversigtig kan jy in elk geval siek word. Daar moet iets in die lug wees – maar ek gaan darem nie met ‘n masker oor my gesig loop nie.

Nou Google ek maar ‘n paar vinnige wenke sodat ek dit gou kan stopsit.

Ek het die volgende raad by https://www.everydayhealth.com/cold-and-flu/home-remedies.aspx opgespoor:

  • Drink baie water
  • Koop ‘n lugbevogtiger
  • Eet hoendersop
  • Eet of drink enigiets wat vitamien C bevat
  • Masseer jou neus

Ek gaan dit beslis probeer.

Related Articles

Back to top button