NewsSchools

Jannas-religiekamer nou groter, beter

Jannas se spesiale plek, die religiekamer is onlangs opgeknap en uitgebrei.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se religiekamer is onlangs opgeknap en uitgebrei.

Die skool spog al sedert 2013 met hul spesiale religiekamer, Voete vir Jesus, waar Jannas-leerlinge elke Vrydag bymekaar kom om saam met hul maats te bid. Die beraders wat Jannas besoek, gebruik ook die kamer.

Diaandri Schoonraad in Jannas se opgeknapte religiekamer. Foto ingestuur.
Diaandri Schoonraad in Jannas se opgeknapte religiekamer. Foto ingestuur.

Die veranderings is danksy Anesta Klopper, Jannas-religievoorsitter. Sy en haar komitee het die kamer opgekikker met nuwe selfgemaakte meubels met meer sitplekke en talle gebedjies teen die muur.

Die kamer het nou ook ‘n selfie-muur waar hulle al hul projekte kan uitstal sodat almal kan sien hoe Jannas vir ander omgee en in die gemeenskap werk.

Diaandri Schoonraad in Jannas se opgeknapte religiekamer. Foto ingestuur.
Diaandri Schoonraad in Jannas se opgeknapte religiekamer. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button