Opinion

Kom ons maak Hom weer ons fokus

As ons fokus op Jesus is, dan sink ons nie.

In die tyd waarin ons lewe is dit so maklik om na al die negatiewe dinge rondom ons te kyk.

Oral is daar werkloosheid, armoede en diefstal. In Mattheus 14:22–36 sien ons Jesus loop op die see en Petrus vra of hy na Jesus kan loop. In vers 29 sê Jesus vir hom, “Kom”. Petrus klim uit en loop op die water.

Wat gebeur toe? Hy kyk na die golwe en die wind en hy sink, m.a.w. hy het begin fokus op sy omstandighede. Hy roep toe in vers 30, “Here, red my!” Ons sien dat Jesus sy hand uitsteek en hom red.

Hier is ‘n groot les vir ons. As ons fokus op Jesus is, dan sink ons nie, maar as ons fokus op ons omstandighede is, sink ons en lyk alles oorweldigend.

Kom ons maak Jesus in die week wat voorlê weer ons fokus. Shalom.

Related Articles

Back to top button