NewsSchools

Bekende kunstenaar leer Jannas van kuns

Jannas hou Visuele Kuns werkswinkel om vir finale eksamen voor te berei.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se leerlinge werk hard om voort te bou op die sewe onderskeidings wat deur die 2015 Visuele Kuns matrikulante behaal is.

Bekende Wesrandse kunstenaar, Dawie van Deventer, het Jannas voorberei vir hul finale eksamen. Foto: Ingestuur.
Bekende Wesrandse kunstenaar, Dawie van Deventer, het Jannas voorberei vir hul finale eksamen. Foto: Ingestuur.

Die skool het onlangs ‘n werkswinkel aangebied sodat hulle die Visuele Kunsleerlinge kan voorberei vir die komende praktiese eksamens. Die werkswinkel is deur Dawie van Deventer, ‘n bekende Wesrandse kunstenaar, aangebied.

Tydens die werkswinkel is die Graad 10, 11 en 12 Visuele Kunsleerlinge opgelei om vinniger te werk in akriel- sowel as olieverf tydens eksamensessies, maar om nog steeds hulle kreatiwiteit ten volle uit te leef.

Hulle het ook geleer hoe om voorsketse vinniger te doen en ‘n behoorlike komposisie saam te stel uit sketse.

Bekende Wesrandse kunstenaar, Dawie van Deventer, het Jannas voorberei vir hul finale eksamen. Foto: Ingestuur.
Bekende Wesrandse kunstenaar, Dawie van Deventer, het Jannas voorberei vir hul finale eksamen. Foto: Ingestuur.

Die fokus van die werkswinkel is geplaas op kwaliteit in plaas van kwantiteit, en leerders is aangemoedig om buite die grense te begin dink.

Vanjaar beoog Jannas se Graad 12 Visuele Kunsleerlinge om meer onderskeidings as verlede jaar in te palm.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button