Ek moes net …

Dit was regtig vir my skokkend dat mens so maklik kan uitvind hoe om 'n kar oop te maak deur net die regte knoppie te druk.

Ek het gesondig, maar ek moes net.

So op verkiesingsdag nadat ek en my vrou ons kruisie by die ouetehuis gaan trek het en terug is by die huis, het ek besluit om haar kar ‘n bietjie skoon te maak.

Nadat ek ‘n sak vullis uitgegooi het en toe allerhande goed uit die kattebak wou haal, het ek die karsleutels bo op ‘n baadjie in die kattebak neergesit omdat ek altwee my hande nodig gehad het om iets te dra. Toe ek ‘n paar meter ver van die kar af op pad huis toe was, het ek besef ek het die sleutels in die kattebak toegesluit.

Baie vies vir myself wonder ek toe hoe op aarde ek die kar sou oopkry. My vrou se spaarsleutel was in haar handsak maar diĂ© was ook nog in die toegesluite kar, so my enigste ander opsie was om ‘n sleutelmaker te laat uitkom – wat my meer as R500 sou kos.

Baie desperaat om die kar oop te kry het ek op die internet gaan kyk, en so waar as wragtig kry ek toe waarna ek soek. Ek gaan nie presies sĂȘ hoe ek die kar oopgekry het nie, maar my punt is dat mens enigiets kan Google en geholpe raak.

Dit was regtig vir my skokkend dat mens so maklik kan uitvind hoe om ‘n kar oop te maak deur net die regte knoppie te druk.

Related Articles

Back to top button