NewsSchools

Rappies-eerstekrieketspan tops in Mpumalanga

Rappies stap weg met goud tydens die Goldi Krieketweek.

Laerskool Rapportryer (Rappies) se eerstekrieketspan het tydens die afgelope skoolvakansie aan die Goldi Krieketweek by Laerskool Standerton in Mpumalanga deelgeneem.

Die eerste dag het dié uitmuntende span teen Laerskool Jordania (uit die Vrystaat) gespeel en met sewe paaltjies gewen. Tyrone Oosthuizen het vier van die paaltjies geneem.

Op dag twee het Rappies weer met goud weggestap toe hulle teen die gasheerskool gespeel het en met nege paaltjies geseëvier het. Dylan Pienaar het vier paaltjies laat kantel terwyl Rickert vd Linde 46 lopies en Kieran Knight 92 lopies met die kolf aangeteken het.

Op die derde dag het hulle teen Drakensberg Primêre Skool (uit KwaZulu-Natal) gespeel en met ‘n uitmuntende 140 lopies koning gekraai.

Die laaste dag het Rappies weer teen Laerskool Jordania gespeel en hulle dié keer met 86 lopies geklop.

Rappies se eerstekrieketspan is gevolglik as die wenners van die Goldi Krieketweek aangewys. Ryno Myburgh, hul afrigter, is breëbors oor sy span se besondere prestasies.

Die hele skool is ook baie trots op hul eerstekrieketspan wat hul naam hoog gehou het. Hulle sien uit na ‘n opwindende krieketseisoen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Rappies se top atlete by Interhuis aangekondig

Rappies se redenaarsboffin

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button