Opinion

Maak asb ons paaie veilig vir almal

Jammer jul ouens wat dink dis Kyalami, maar baie sterf agv jul roekelose bestuur.

Inwoners vanaf Malanstraat tot by die eerste stopstraat in Greenhillslaan het ‘n ernstige probleem om uit hul erwe te kom, veral gedurende spitstye.

Verkeer van beide kante maak dit uiters gevaarlik om uit jou erf te probeer ry. Hoekom nie spoedhobbels op daardie pad plaas nie? Praat nie van daardie vreeslike hoë hobbels by die PPK-kerk nie. Dit is belaglik hoog.

Almal vermy daai pad en gebruik nou Malanstraat en Greenhillslaan. Rig ‘n drierigtingstop met hobbels by die kerk op – minstens twee hobbels in Malanstraat vanaf die verkeerslig in Lazaarlaan tot by Van Deventerstraat en sit hobbels en ‘n drierigtingstop by Vetpret-kleuterskool.

In Krugersdorp is daar stopstrate by kleuterskole vir veiligheid. Spoedhobbels veroorsaak dat motoriste moet stop. Stopstrate word net soos ‘n verkeerslig geïgnoreer.

Maak asb ons paaie veilig vir voetgangers en motoriste. Jammer julle ouens wat dink dis Kyalami, maar baie sterf agv jul roekelose bestuur.

Related Articles

Back to top button