Lag is beslis die beste medisyne

Ek het lanklaas so lekker in die Herald-kantoor gelag ...

Daar word gesê lag is die beste medisyne en dit is beslis waar.

Ons is elke dag besig by die werk, onder druk om goed te presteer, raak kwaad wanneer ons huis toe ry omdat party mense nie kan bestuur nie en dan kom jy nog by die huis waar jy en jou geliefde ‘n bietjie vassit want sy’t jou al hoeveel keer gevra om die stukkende deur reg te maak.

My punt is ons almal ly daagliks aan die een of ander vorm van stres. Wat laat jou beter voel? Lag. Dis reg, lag.

Ek het lanklaas so lekker in die Herald-kantoor gelag soos toe ‘n joernalis haar eposadres vir iemand oor die foon probeer spel het. Volgens die joernalis kon die persoon haar nie lekker hoor nie en moes sy ‘n woord sê sodat die persoon die letter kon verstaan.

Ek sit in die kantoor langs haar en hoor alles. Haar van is Pindral en sy trek toe weg met woorde wat hemelsbreed van die militêre spelalfabet verskil.

So het dit geklink:

• P for Petrol

• I for Island

• N for Natal

• D for Donkey

• R for Revolver

• A for Apple

en die beste

• L for Liquizade

Militêr ofte nie, sy het haar doel bereik.

Related Articles

Back to top button