Local newsNews

Suster praat oor haar ‘engelboetie’ se dood

'Hy was regtig 'n engel van bo en word vreeslik gemis.'

Michael Heyns was net 26 jaar oud toe hy Sondag, 10 Julie in ‘n motorongeluk gesterf het.

Michael het na bewering ‘n boom langs Jan Blignautstraat in Westonaria getref, waarna die motor aan die brand geslaan het.

Belinda Duvenage, sy stiefsuster het vertel hy het nagskof gewerk en moes deur die dag rus. Hy het egter in die loop van die dag ‘n oproep ontvang dat daar ‘n inbraak was op die plaas wat aan sy pa behoort. Sy pa is vroeër vanjaar oorlede. Michael het toe uitgery plaas toe.

Daarna het hy by ‘n goeie vriend ingeloer en tydens sy volgende skof by die Shell-vulstasie aangemeld. In die vroeë oggendure het Michael gery om die maatskappymotor aan sy kollega oor te gee. Hy het toe vermoedelik agter die stuur aan die slaap geraak en in die boom vasgery.

Hy was die beste broer waarvoor ek ooit kon gevra het; altyd daar om te help, altyd my belange op die hart gedra en ek het soveel liefde van hom ontvang.

“Michael was baie trots op sy werk en het baie daarvan gehou. Hy het graag mense gehelp en beskerm. Hy het altyd sy beste gegee in alles wat hy gedoen het … ek was tog so lief vir hom, en is steeds,” het ‘n hartseer Belinda vertel.

Sy geliefdes het hul laaste eer tydens sy begrafnis op Saterdag 16 Julie aan Michael betoon.

BOZ Armed Response & Security, waar Michael vroeër vanjaar in diens geneem is, betuig ook hul innige simpatie met sy familie en naasbestaandes.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

Also read:

Man sterf in gru-ongeluk

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button