NewsSchools

Rammie ‘n Goue Leeu vir die toekoms

Oupa: Hy kan nog groot hoogtes met sy spel bereik.

Kurt de Swardt, lid van Laerskool Randfontein se eersterugbyspan het gedurende die afgelope skoolvakansie aan die gewilde Cravenweek-rugbytoernooi deelgeneem en beïndruk.

Daar het hy 18 drieë in vier wedstryde gedruk en is tweekeer as speler van die wedstryd aangewys. Kurt was verlede jaar as lid van die o.12 Goue Leeus se akademiese span gekies. Vanjaar het hy vir die o.13 Goue Leeus Cravenweek-span uitgedraf uitmuntend presteer.

Kurt het sy span se laaste kragmeting en spoggerige oorwinning oor die SWD Arende drie drieë gedruk.

Kurt sê dit was die moeilikste wedstryde nog. “Baie van die spelers het ongelooflik goed gespeel en die kompetisie was versriklik taai. Dit is werklik rugby op ‘n ander vlak as skolerugby.”

Kurt is ook ‘n lid van RAM se eersterugbyspan en sê; “Hoe meer rugby, hoe beter.”

Hy meen hoe meer oefening hy nou kry, hoe groter is die kans dat hy eendag ‘n loopbaan van sy rugby kan maak. Sy onmisbare vertoning tydens die Cravenweek het veroorsaak dat verskeie hoërskole vir hom beurse aangebied het.

“Ek het klaar ‘n skool gekies,” sê Kurt trots. “My hoërskool is pragtige fasiliteite, is netjies en het bitter goeie sportgeleenthede vir my.”

Volgens Andy de Swardt, sy oupa is Kurt een van daardie spelers wat ‘n werklike talent en ook liefde vir die sport het. “Hy kan nog groot hoogtes met sy spel bereik.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button