Local newsNews

Pastore al 45 jaar in die bediening

James McGrath is die oudste pastoor in voltydse bediening in R'fontein.

Pastoor James McGrath het ‘n merkwaardige mylpaal bereik. Hy, met sy vrou as sy regterhand, is die oudste pastoor in voltydse bediening in Randfontein.

Op die ouderdom van 80 jaar is pastoor James saam met sy vrou Bettie, 72, steeds volstoom in diens van die AGS Jubelatum in Greenhills.

Hy is reeds 45 jaar in die bediening, waarvan 30 jaar toegewy is aan Vriendskaptuiste waar hy die inwoners elke Vrydag besoek. Hy is ook reeds 13 jaar aan AGS Jubelatum verbonde.

Pastoor James doen steeds getrou huis- en hospitaalbesoeke. Ander areas waar hy al bedien het, sluit in Namibië (destyds Suidwes-Afrika), Rustenburg en Roodepoort. Mense van reg oor Gauteng druk steeds op sy knoppie om troues en begrafnisse te lei.

Bettie rus ook nie op haar louere nie. Sy het haar eie projekte soos die Omgee Welsyn, maatskaplike werk en berading, en doen ook huisen hospitaalbesoeke. Sy lewer graag motiveringspraatjies vir dames en is ook aktief by die Hamilton’s Gastehuis betrokke.

Harde werk is nie vir pastoor James of Bettie vreemd nie. Dit is vir hulle van kardinale belang om interaktief te wees met die gemeenskap. “Ons probeer altyd gee waar ons kan,” is hulle filosofie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button