NewsSchools

Groot prestasie vir Riebeeckrand in netbal

Twee voormalige leerlinge asook 'n huidige lid van die eerstenetbalspan haal betrokke Wes-Gauteng klubnetbalspanne.

Twee netbalafrigters van Hoërskool Riebeeckrand asook ‘n lid van die huidige eerstenetbalspan is onlangs in die onderskeie Wes-Gauteng klubnetbalspanne opgeneem.

Johanné Odendaal, ‘n voormalige Riebeeckrander en huidige afrigter van Riebeeckrand se o.15 A- en B-netbalspanne asook Twanette Thoms van die eerstenetbalspan is vir die o.21 Wes-Gauteng klubnetbalspan gekies.

Volgens die skool is dit die tweede jaar wat Johanné Riebeeckrand se o.15-netbalspanne afrig. Johanné is nie net ‘n goeie netbalafrigter nie, maar ook ‘n uitstekende netbalspeler wat haar eerstehandse netbalervaring terugploeg in haar afrigting.

Twanette Thoms is ‘n waardevolle netbalspeler vir Riebeeckrand. Volgens Twanette is die basis van haar netbalvaardighede vasgepen deur Riebeeckrand se uitstekende netbalafrigters.

Michelle Rasool, ook ‘n voormalige Riebeeckrander en trotse afrigter van Riebeeckrand se o.17 A-netbalspan is in die Wes-Gauteng se seniorspan ingesluit.

Die dogters is hard aan die oefen saam met hul Wes-Gauteng spanne ter voorbereiding vir hul toernooi wat einde Junie by die Universiteit van Pretoria gaan plaasvind.

Hoërskool Riebeeckrand is besonders bevoorreg om sulke goeie netbalafrigters en -spelers as deel van hul Riebeeckrand-familie te hê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button