Local newsNews

Klein Duncan se reuse operasie

Ouma: Daar is net 'n 50 persent kans dat die operasie suksesvol sal wees.

Duncan Baker, 10 maande oud van Kocksoord, is op 9 Julie 2015 gebore met ‘n gebreekte skedel en gaan op 10 Junie vanjaar die grootse operasie van sy lewe ondergaan.

Marelize Baker, 21, Duncan se ma, moes volgens haar man, Chaun, ‘n noodkeiser ondergaan nadat Duncan in haar geboortekanaal vasgesit het, glo omdat haar vrugwater opgedroog het.

Duncan is in die Coronation Hospitaal (Rahima Moosa Mother and Child Hospital) op 38 weke gebore en het 2,9 kilogram geweeg.

Aanvanklik het die Bakers gedink dat die swelsel op sy kop met tyd sou sak. Duncan is huis toe, waar hy kort daarna griep opgedoen het, en hulle moes hom terugneem Coronation Hospitaal toe.

Daar is hulle in kennis gestel dat Duncan se skedel gebreek is, en dat dit tot erge nagevolge kan lei. Hulle is daarna na die Johannesburgse Algemene Hospitaal (Charlotte Maxeke Johannesburg Academic Hospital) verwys.

“Die dokter daar het vir ons gesê dat daar dringend op Duncan geopereer moet word, aangesien sy brein glad nie plek het om te groei nie.

Duncan kry ook epileptiese aanvalle as gevolg van sy toestand.

Die aanvanklike datum vir sy operasie was 12 April, maar daar was destyds nie fasiliteite vir hom beskikbaar nie.” sê Duncan se ouma, Marinda van Coller.

Hulle is toe na die Netcare Hospitaal in Sunninghill verwys, waar Duncan se operasie nou vir 10 Junie geskeduleer is. Hy sal daarna vir drie of vier dae in die intensiewesorgeenheid opgeneem word.

Marinda sê verder, “Daar is net ‘n 50 persent kans dat die operasie suksesvol sal wees, maar ons glo vas dat alles goed sal verloop.

Ons vertrou op God.”

Enige persoon wat ‘n donasie aan Duncan wil skenk, of enigsins kan uithelp met vervoer, kan Marinda skakel op 074 7398046.

Marelize, Duncan en Chaun Baker.
Marelize, Duncan en Chaun Baker.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

UPDATE: Fundraiser for boy with deadly condition

R’fontein boy develops rare deadly condition

Heart operation on 13-month-old Ethan a success

Help improve Ethan’s quality of life

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button