Opinion

Toekies-gemeenskap uitgedaag om te help bou

Die gemeenskap word uitgedaag om alle genoemde herlewingsprojekte met oorgawe te steun – hetsy deur finansies of persoonlike deelname.

Die pen is magtiger as die swaard en elders luister iemand.

Te midde van al die negatiewe gerugte en kwaadwillige bespiegelinge rondom Toekomsrus het daar belanghebbendes, nuwe bougroepe na vore getree. Die oogmerke van die organisasies is om die vervalle gemeenskap weer na hul glorieryke dae te laat terugkeer.

Hul eenparige agendas behels onder meer sportaktiwiteite, openbare kuns- en kulturele opvoerings, godsdiensbeoefening en die beëindiging van afbrekende aktiwiteite soos dwelm- en alkoholmisbruik, ledigheid, werkloosheid en ook die bewusmaking van die gevare rondom MIV en Vigs. ‘n Offisier van korrektiewe dienste en voorsitter van Toekomsrus United Soccer Academy, Gerald Sampson (‘ou Liefie’), het sy heelhartige steun en betrokkenheid aan die voorneme belowe.

Liefie het alle belangstellendes uitgenooi om gerus aan sy deur te klop.

Dan is daar ook die nuwe entoesiastiese jeuggroep Ikeys Productions, die ontwaakte kampvegter Lillian Michaels van Wawa, Graham Fritza en sy seuns, en Tevin wat betrokke is by die rehabilitasie van dwelm- en alkoholverslaafdes.

Marvin Stellenburg en sy steungroep tree reeds oral op as motiveringsprekers (soos berig).

Volgens hulle beleid (aan my voorgelê) gaan die rolspelers geen steen onaangeroer laat nie en die gemeenskap kan daarna uitsien om weer ‘n vreedsame en gesellige byeenkoms by te woon en te geniet sonder enige steurende elemente.

Die gemeenskap word gedaag om alle genoemde herlewingsprojekte met oorgawe te steun – hetsy deur finansies of persoonlike deelname.

Gee ag op ons uitblinkers soos Faghan Roberts (judo); Beloved Sechele en die vergete bokskampioene Jan Bergman, Alladin Stevens, Ramoni Simon en Malcolm Claasen.

‘n Gemeenskap gaan herrys.

Related Articles

Back to top button