Opinion

Verkragting in openbaar bespreek

As iemand wat hulleself uitgee as 'n professionele berader moes hierdie berader van beter geweet het.

Daar is iets wat swaar op my hart druk.

Ongeveer drie weke gelede was ek by ‘n hospitaal in Randfontein. Ek het vir ongeveer een en ‘n half uur in die wagarea by die teater vir ‘n familielid gewag wat in die teater was. Die wagarea was redelik vol mense van albei geslagte.

‘n Gesprek tussen twee volwasse vroue en ‘n tienermeisie het my opgeval. Ek en die ander mense wat gewag het kon nie help om te hoor wat bespreek is nie.

My mond het oopgehang toe ek besef wat aan die gang is.

Die tienermeisie is verkrag. Ten aanhore van almal wat wou hoor of nie wou hoor nie was die meisie besig om berading te ontvang.

Ek was stomgeslaan oor die fyn besonderhede wat bespreek is en dat dit in so ‘n openbare plek gedoen is.

Na my mening was dit uiters onsensitief teenoor die slagoffer en uiters onprofessioneel van die ander persone. Ek sal vir seker niemand aanraai om hul dienste te gebruik nie.

Related Articles

Back to top button