Opinion

Albert is reg maar …

Wat het geword van die wetgewing waarvolgens jy moet skoolgaan waar jy bly?

Albert Bester se brief van Herald 3 Junie 2016 verwys.

Oor die algemeen stem ek saam met wat Albert sê maar wat hy nalaat is die volgende:

• Randfonteiners ondersteun plaaslike hoërskole baie swak.

• Krugersdorp ploeg nie met hul eie kalwers nie. Kinders word met busse aangery en met beurse gelok waarvoor hulle geen finansiële bydraes lewer nie.

• Ek is dankbaar ek bly nie in Krugersdorp nie want plaaslike talent word oor die hoof gesien

• Roodepoort is een en dieselfde. Die grootste gedeelte van ‘n sekere laerskool se eersterugbyspan is van buite getrek (gekoop).

Is dit dan vir so ‘n skool werklik ‘n prestasie as hulle die liga wen?

Dit is soos om die Springbokspan (indien spelers volgens meriete gekies is) in die Curriebeker-kompetisie te laat speel. Dit is verregaande.

Wat het geword van die wetgewing waarvolgens jy moet skoolgaan waar jy bly?

Related Articles

Back to top button