School sportSport

Riebeeck tops in Jomo-liga

Al die skool se A-spanne staan nou kans om vir die Gautengdag te kwalifiseer.

Alle oë sal op 10 en 11 Junie op Hoërskool Riebeeckrand wees nadat al die skool se A-netbalspanne tot die Jomo-uitspeelwedstryde deurgedring het.

Gaan dit daar goed sal die spanne kwalifiseer om aan die Gauteng-dag deel te neem.

Dit volg nadat die spanne goed gevaar het in groep B van die Jomo-liga. Die eerste- en o.15 A-netbalspan het bo in hul groep geëindig en dit nogal met taai teenstanders soos Bastion, Bekker, Randpark Ridge, Trinityhouse, Bryanston High, Fourways High School en Northcliff High School.

Verder het die o.16 A- en o.17 A-netbalspanne slegs een van hul agt kragmetings verloor.

Die o.14-netbalspan het ook slegs een wedstryd verloor en twee gelykop gespeel. Riebeeckrand se netbalprestasies stop nie net by die ligawenners nie.

Een van hul o.16-netbaldogters, Danielle Malan, is opgeneem in die o.16 Gauteng-netbalspan.

Met uitstekende afrigting en maksimale netbalblootstelling kan Riebeeckrand se netbaldogters nie anders as om uit te blink nie.

“Riebeeckrand is voorwaar trots op al hul netbaldogters en -afrigters,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button