NewsSchools

Rappies se redenaarsboffin

Graad 5-leerling dring deur tot volgende rondte van ATKV-kompetisie op 10 Junie.

Verskeie leerlinge vanaf graad 1 tot graad 7 het onlangs aan Laerskool Rapportryer se Interne-redenaarskompetisie deelgeneem.

Sodoende is die wenners vir die juniors vanaf graad 1 tot 3 en die senior wenners van graad 4 tot 7 aangewys.

Die wenners is daarna deur na die jaarlikse eerste uitdunrondte van die ATKV-redenaarskompetisie. Verskeie skole het deelgeneem maar Rappies was slaggereed en in die kol soos Rick van den Berg, ‘n graad 5-leerling wat tot die volgende rondte op 10 Junie deurgedring het.

Rappies is voorwaar baie trots op Rick en weet dat hy met sy talente sal woeker en die vrugte daarvan sal pluk.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button