Opinion

Jeug kan by Ouma Koenie leer

Haar roerende woorde maal steeds deur die gedagtes van dié wat dit bygewoon het.

Die roerende woorde van die 95-jarige Ouma Koenie Andrews by die Toekies-gemeenskapsaal op die dag van die bejaardes maal steeds deur die gedagtes van dié wat dit bygewoon het.

Ouma Koenie het stadig na vore beweeg, die mikrofoon gevra en die bejaarde “kinders” meegedeel: “Omdat ek nie drink, rook of rondloop nie en ek woon kerk by, dis waarom.”

Die onverskillige jeug met hul gevaarlike leefwyse sou hul hoofde in skaamte laat sak het …

Dit was ook die aanbieding van die spotmodelkompetisie waartydens kaptein Appel Ernst deur die skreeuende toeskouers aangewys is as die wenner vir haar skertsende saluering van die gehoor en haar ligsinnige modelpassies op die loopplank.

Selfs ek het my eerste ‘eretoekenning’ (‘n R10-noot) van die programleier Caroline Setshiba ontvang vir my reaksie op S Knomangata se gesondheidsrede.

Alle knelpunte rondom die gemeenskap is op hierdie dag aangeroer: Misdaad, dwelm- en alkoholmisbruik, en geweld.

Die nuut gestigte veelsydige jeuggroep, Ikeys Productions, met ‘n ledetal van 43 jeugdiges onder voorsitterskap van my broerskind Vernon Dickson het hulle ten doel gestel om al bogenoemde sosiale euwels ‘n finale nekslag toe te dien. Boosdoeners word gewaarsku om lig te loop aangesien hulle ook as waakgroepe sal optree.

Die groep is betrokke by allerlei sosiale opheffingsinisiatiewe.

Mooi!

Dankie.

Related Articles

Back to top button