School sportSport

Ram hou grootste Goudfees nog

Totaal van 1 452 mininetbal- en welpierugbyspelers het deelgeneem.

Laerskool Randfontein (Ram) het vroeg in Mei een van hul grootste Goudfeeste op hul sportterrein aangebied.

Daar was 108 mininetbalspanne van 13 verskillende skole en ongeveer 864 netbalspelers het aan die fees deelgeneem. Daar het onder meer 49 welpierugbyspanne van verskillende skole het deelgeneem. Altesaam 1 452 spelers van die verskillende spanne het aan die wedstryde deelgeneem.

Van die skole wat in aksie was, is Avanté, Dr Havinga, Gerrit Maritz, Modderfontein, Rustenburg, Toekomsrus, Bekker, Fochville, Horison, Rem, Westgold, Dagbreek, Glenharvie en Krugersdorp-Noord.

Dan was daar tientalle stalletjies wat enigiets van speelgoed tot eetgoed verkoop het.

“Toeskouers en spelers het vroeg reeds deur Laerskool Randfontein se hekke gestroom. Jy kon die opwinding duidelik aanvoel,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Ram het oudergewoonte ons Leeu-Ramkat losgelaat om die spelers te vermaak en aan te bemoedig.

“Sanger Juanita van Jaarsveld het opgetree en die Rampoppies het vir ‘n pragtige vertoning gesorg,” het Annie vertel.

Boz-sekuriteit het sertifikate geborg wat aan elke speler oorhandig is.

“Aan die personeel en ouers wat so fluks gehelp het om van die dag ‘n sukses te maak en aan ons hoof Leon Haupt, ons opregte dank. Laaste maar nie die minste nie, aan al die netbal- en rugbyspelers, julle het julle goed van jul taak gekwyt. Daar is ‘n paar potensiële Springbok- en Protea-spelers onder julle.”

Peet Fourie probeer die bal by Tristan Rodrigues afneem. Foto: Annie Nolan.
Peet Fourie probeer die bal by Tristan Rodrigues afneem. Foto: Annie Nolan.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button