Local sportSport

Liza vol hoop vir plek in Olimpiese Spele-span

Boonop is Liza een van 33 atlete wat Suid-Afrika tydens die Wêreldkampioenskappe in Pole in Julie sal verteenwoordig.

Dit sal moeilik wees om die 16-jarige langasematleet, Liza Kellerman, uit te laat in die SA-span vir die Olimpiese Spele in Rio.

Liza is gekies om die SA o.20-span in die 800 meter tydens die Konfederasie vir Afrika se Atlete Streekskampioenskappe te verteenwoordig op 4 en 5 Junie in Zambië.

Liza hardloop vir Nedbank en is ‘n fenominale langasematleet. Sy was onlangs vir die Senior Nasionale-aflosspan in aksie waar sy saam met Caster Semenya, ‘n Olimpiese Spele medaljewenner, teen ander lande in die 4 x 800 meter moes meeding.

Dan het sy ook op die naweek van 16 April tydens die Suid-Afrikaanse Seniorkampioenskappe teen Caster self gehardloop en tweede geëindig.

Boonop is Liza een van 33 atlete wat Suid-Afrika tydens die Wêreldkampioenskappe in Pole in Julie sal verteenwoordig.

Liza was slegs 10 jaar oud toe sy atletiek ernstig begin opneem het en in die ses jaar het sy reeds verskeie 800-meter wedlope gewen naamlik die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe en SA Klubkampioenskappe. Sy is ook iemand om mee te reken in die 400- en 1 500 meter items.

In 2016 het Liza vier keer haar Nasionale-kleure verower. Hein Maré, haar afrigter vir die afgelope sewe jaar is baie trots op haar. Indrukwekkend is Liza tans 8ste op die wêreldranglys. Sy is vol hoop dat sy tydens vanjaar se Olimpiese Spele in Rio in Augustus in aksie sal wees.

Liza bedank graag haar borg, Sarel Victor van Supreme Pet, vir al hul ondersteuning en hulp. Liza se sukses kom nie sonder baie harde werk nie. Sy oefen elke dag vir ongeveer drie ure.

Haar motto is, “Doen jou beste en God doen die res.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button