Local newsNews

Connie Mulder se gewilde bingo-aand op die horison

'Een van die pryse sluit in 'n bootreis.'

Die Connie Mulder Sentrum se grootste fondsinsamelingsprojek bekend as ‘n bingo-aand sal op Vrydag, 29 Julie in die saal plaasvind.

Dit sal soos gewoonlik ‘n aand vol opwinding en plesier wees.

Daar sal weereens 100 gelukkige trekkings plaasvind en die grootste bingo-prys uit die agt in totaal sal ‘n bootreis (MSC Cruises) vir twee na die Portugese eilande insluit.

Die bootreis word geborg deur ‘n plaaslike inwoner, Vernon Woods. As een van die hoogtepunte van die aand, gaan die dinamiese Bingo-man, Ivan Solomons, sy gebruiklike sangstuk opvoer.

• Navrae: Gordon Henney of Fransie Hulme op 011 278 9904/5/6.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button