Local sportSport

Run Walk for Life durf hul tweede wedloop aan

Daar was 4 000 inskrywings vir die wedloop.

Run/Walk for Life Randfontein het Woensdag aan die Cradle of Humankind Road Race deelgeneem wat by Makiti gehou is.

Hierdie deelname was die tweede wedloop waar die klub as ‘n geheel deelgeneem het.

Twee lede, Riaan en Veronica Cronje het die 21 km aangepak en Frank Barnard die 10km waar hy derde in sy ouderdomskategorie geëindig het.

Amanda Kruger, Carina Trewick, Charle Janse van Vuuren, Rujuan Janse van Vuuren, Elize Kotze, Marlize du Preez, Yolande van Quickelberge, Bernice Oosthuizen, Michelle Rossouw, Vicky van Zyl en die jongste lid, Nikita van Zyl, 8, het die 5km pretloop aangepak.

Die dag het reeds 5vm begin want wetende dat daar oor die 4 000 inskrywings vir die wedloop was, was parkering iets om in ag te neem. Met warmsjokolade het hulle die koue getrotseer in afwagting vir die begin van die wedloop.

Die roete het ewe veel opdraende as afdraende gehad wat heerlike afwisseling gebied het.

“Dit was heerlik om so in die natuurskoon te stap met die lugballonne wat op die horison hang,” het Vicky van Zyl, voorsitter van Run/Walk for Life Randfontein gesê.

Rujuan Janse van Vuuren wat begin hardloop het omdat dit vir hom lekker gelyk het om in sy ma Charle se voetspore te volg homself verbaas en die 5km wedloop in ‘n tyd van 23 minute en 40 sekondes voltooi.

Ander vriende en gesinslede het ook die dag meegemaak en as afsluiting het almal saam ontbyt geniet by Makiti asook Waffle House.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button