Opinion

Haal asem wanneer jy jou voertuiglisensie hernu

Spaar uself 'n massiewe hartaanval/ beroerte en neem die volgende wenk(e) ter harte.

Kortliks!

Net die volgende inligting aan die vuisvoos maar pligsgetroue motoris: Spaar uself ‘n massiewe hartaanval/ beroerte en neem die volgende wenk(e) ter harte.

Dit gaan alom die eenvoudige verpligting, van jare gelede, naamlik hernuwing van u jaarlikse voertuiglisensie:

• Uit soos verlede maand se salaris: Geen hernuwingskennisgewing word meer uitgestuur nie. Plak êrens op ‘n strategiese plek u voertuiglisensie vervaldatum!

• Gaan kry, rustig, by die verkeerskantoor een ALV/Z586-vorm en maak genoeg afskrifte daarvan.

• Maak genoeg afskrifte van u ID-dokument en water en ligte of Telkom-rekening – want sien u moet eweskielik bewys lewer u het ‘n woonadres.

• Voltooi rustig, in u gemaksone, ALV/Z586 en kram daaraan afskrif van u ID en bewys van woonadres. U stap bloot die gebou in, plaas die gekramde voltooide vorms voor ‘sy edele’ by ‘Enquiries’. Natuurlik, staal uself teen (i) die oorverdownde m**rse lawaai daarbinne, normale kalm kommunkikasie is uit soos koekies in die weeshuis en (ii) ‘sy edele’ wat u, dalk, slaperig en besig met sy selfoon sal inlig: “The sashtam is off!”

• ‘n Vorm word aan u aansoek gekram en u gaan na venster 2 waar u ‘n nommer kry, neem stelling in agter die tralies waar u, soos ‘n besetene, onverdeelde aandag moet gee aan een van die highnesse agter die 50mm-dik glasskerm wat al Chappie-kouende dalk u nommer sal mompel indien sy nie op die selfoon klets of ‘n ent gaan stap of tea time of sommer moedswillig nie lus het vir u nie.

Versigtig! Ander volksvreemdes kom ewe arrogant, lê halflyf op die toonbank voor haar en die gebou dawer soos hulle heen en weer kommunikeer deur die 50mm-dik glas.

Sterkte en geniet u dag.

Related Articles

Back to top button