School sportSport

Dawid teen Goliat

Kan Riebeeck 'n stop sit tot Jannas se dominasie op rugbyveld die afgelope vyf jaar?

Die wedywering tussen Hoërskool Jan Viljoen en Hoërskool Riebeeckrand se rugby kan maklik met dié tussen Muhammed Ali en Joe Frazier in die bokskryt vergelyk word.

In die afgelope vyf jaar het Jannas elke keer teen Riebeeck gewen en die vraag is of Riebeeck Saterdag 7 Mei ‘n stop kan sit tot Jannas se dominasie op die rugbyveld.

Volgens Elzeri Wright, Riebeeck se woordvoerder, is hul span goed voorbereid, maar volgens afrigter Rickus Kruger, het hulle ongelukkig ‘n paar beserings opgedoen.

George Smith, Jannas-afrigter meen sy span het ‘n goeie wedstrydplan wat tot dusver goed vir hulle werk. Hy het bygevoeg die stryd sal ‘n taai een wees, ten spyte van Riebeeck se beserings. Volgens hom is hul teenstanders ‘n hegte, goeie span en Jannas sal hard moet werk om te triomfeer.

Jannas se eie kaptein en flank, Jaquez van Heerden sal ook nie beskikbaar wees vir die kragmeting nie weens ‘n skouerbesering. George beskryf hom as ‘n ware ster op die rugbyveld. Ten spyte daarvan voel George hul waarnemende kaptein en stut, Vleis van Niekerk, kan sy skoene volstaan.

Geskiedenis tel wel in Jannas se guns en hulle is vasbeslote om Saterdag hul sesde agtereenvolgende oorwinning teen Riebeeck te behaal. Maar wie weet, dalk kan Riebeeck verras soos James Buster Douglas teen Mike Tyson in 1990.

James, die buiteperd het met ‘n 42-teen-een kans die toe twee-maal-swaargewigwêreldkampioen in die 10de rondte uitgeslaan.

Die wedstryd vind boonop in Jannas se agterplaas plaas.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button