NewsSchools

15 Rappies oppad ATKV toe

Skool: Ons is baie trots op al die redenaarsleerlinge en wens hul alles van die beste toe.

15 Leerlinge van Laerskool Rapportryer het deurgedring na die gewilde ATKV-redenaarskompetisie wat op Vrydag, 29 April in Johannesburg gehou gaan word.

Hier gaan hulle teen onder andere skole van Krugersdorp, Westonaria en Roodepoort moet kompeteer.

Die groep van Rappies is gekies nadat verskeie leerlinge in graad 1 tot graad 7 aan ‘n interne redenaarskompetisie by die skool deelgeneem het. Daar moes leerlinge hul voorbereide- en onvoorbereide praatjies voorlê en die verskillende grade teen mekaar meeding.

Vier van die graad 7-leerlinge het toe met die Herald oor die interne kompetisie gesels.

Klaradyn Theron en Christiaan Fourie is sedert graad 1 af met redenaars betrokke. Volgens Christiaan verbeter redenaars ‘n mens se algemene redenaarsvermoë. Klaradyn het bygevoeg dat dit haar baie help met haar selfvertroue. Zurica van Heerden sê sy hou van die verskillende kompetisies omdat sy uit haar eie foute uit kan leer terwyl Mari de Beer verduidelik het dat redenaars haar met haar skoolwerk help.

Al vier leerlinge het ook saamgestem dat redenaars hul Afrikaans baie verbeter.

Rappies is baie trots op al die redenaarsleerlinge en wens hul alles van die beste toe.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button