MunicipalNews

Kwalifiseer joune as ‘n behoeftige huishouding?

Munisipaliteit sal nou slegs vir behoeftige huishoudings, waar die totale inkomste per maand minder as R3 200 is, subsidieer.

Die vereistes rondom diegene wat as behoeftige huishoudings kwalifiseer in Randfontein het verander.

Die munisipaliteit sal nou slegs vir behoeftige huishoudings, waar die totale inkomste per maand minder as R3 200 is, subsidieer. Huishoudings wat minder as dié bedrag inbring, sal 100W elektrisiteit verniet bekom, asook 10 kiloliter water.

Riool- en vullisverwydering sal gratis wees asook erfbelasting. Met betrekking tot erfbelasting, moet die eiendomswaarde onder R400 000 wees.

Diegene wat aansoek wil doen, moet die volgende dokumentasie byderhand hê:
• ‘n Afskrif van die identiteitsdokumente van elkeen van die huishouding se werkende mense
• ‘n Bankstaat van elkeen van die huishouding se werkende mense
• ‘n Munisipale rekening
• ‘n Sassa-staat
• ‘n Dood- of gestremdheidsertifikaat, waar en indien toepaslik

Afskrifte van die bogenoemde dokumente kan by die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit se kantoor gebou ingehandig word. Vir verdere inligting kan Sina Erasmus, die raadslid vir DA Wyk 4, by 084 580 5105 gekontak word.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button