NewsSchools

Corrine is op pad New York toe

Corinne gaan in Julie Suid-Afrika tydens die Talent America in New York verteenwoordig.

Corrine Human, ‘n Graad 11 Hoërskool Riebeeckrand-leerling het tydens die afgelope skoolvakansie aan die Talent Africa Drama-kompetisie deelgeneem.

Corrine het aan verskeie items deelgeneem en vir elk ‘n toekenning ontvang.

Sy het ‘n bronsmedalje vir haar prosa ontvang en vir haar twee gedigte onderskeidelik ‘n silwer- en bronsmedalje. Vir haar sangitem het sy ‘n gouemedalje ingepalm wat daartoe gelei het dat sy nou ‘n lid van die Talent Africa SA-span is.

Corrine gaan in Julie Suid-Afrika tydens die Talent America in New York in Amerika verteenwoordig. Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Corrine en haar pragtige prestasies en wens haar alles van die beste toe.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button