Local sportSport

Westonaria Pluimbalklub vuur en vlam

'Pluimbal is pret, dit hou mens lekker fiks.'

Twee plaaslike pluimbalklubs het Dinsdag oggend by die Randgate Boksklub mekaar in ‘n vriendskaplike wedstryd aangepak.

Die klubs teen mekaar in aksie was Westonaria- en Randfontein Pluimbalklubs.

Susan Cronjé, voorsitter van die Westonaria Pluimbalklub het verduidelik dat die klub onlangs ‘n make-over gehad het. Hulle het splinternuwe klub T-hemde ontvang en ‘n nuwe voorsitter en ondervoorsitter in hul midde.

Susan bedank graag die Westonaria Munisipaliteit vir die nette en pale wat vir die eerste keer in 10 jaar vervang is.

Die klub bestaan al 12 jaar en dat hulle vanjaar weer voluit aan die gang is.

Pluimbal is pret, dit hou mens lekker fiks en is ‘n aangename manier om sosiaal te verkeer,” het Susan gesê.

Susan, Marina Holtzhausen asook Chantelle McGarthy is drie lede van die klub wat die Suid-Gautengse Pluimbal-span in Oktober tydens ‘n toernooi in Durban gaan verteenwoordig.

Die lede oefen elke Dinsdag en Donderdag van 9vm tot 11vm by die Westonaria-sportskompleks.

Enige persoon wat belangstel om deel te wees van die Westonaria- of Randfontein Pluimbalklub kan Susan (Westonaria) of Corinne (Randfontein) skakel by 073 983 9738 of 072 194 2059.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button