Opinion

Dankie aan eerlikes my beursie ingehandig het

Ek weet nie wie julle is nie maar ek is baie dankbaar.

Dit is met groot dankbaarheid dat ek dankie sê aan die persoon/persone wie my beursie ingehandig het by Uncle Harry’s Roadhouse.

Ons het 31 Maart daar gaan eet en ek het my handsak uitgepak om my pen uit te haal en alles behalwe my beursie teruggepak. Later die aand het ek agtergekom my beursie is nie in my handsak nie. Ons het teruggery na die eetplek toe en navraag gaan doen.

Dit was ingehandig deur die persone wat na ons daar gaan sit het.

Ek weet nie wie julle is nie, maar ek is baie dankbaar. Daar is tog nog eerlike mense wat opreg is.

Aan die personeel van Uncle Harry’s, sê ek ook baie dankie.

Related Articles

Back to top button