Opinion

Plaasmoorde moet nie verpolitiseer word nie

Nee wat manne, kry eerder jul prioritete in orde.

Die vraag waarom nou?

Is dit omdat die gru-moorde op die Rodora-familie aan die bas gevoel kan word?

Die rede hoekom ek vra, is omdat Helen Zille ’n tydjie gelede, toe sy nog leier van die DA was, gesê het dat die DA hulle nie met ver-regse politiek ophou nie toe iemand die erns van plaasmoorde onder haar aandag gebring het aangesien die DA die amptelike opposisieparty is en iets omtrent die saak kon doen.

Plaasmoorde moet nie verpolitiseer word nie.

Ek word elke keer woedend as ek herhinner word aan die gru-moorde. Ek word net so woedend elke keer as ek verby die DA se plaaslike kantoor ry.

Nee wat manne, kry eerder jul prioritete in orde.

Julle dames en here in die DA beïndruk my nie meer nie.

Related Articles

Back to top button