CrimeNews

DA vra dringende optrede teen plaasmoorde

Die polisie asook die Minister van Polisie is verantwoordelik om die veiligheid van almal in Suid Afrika te verseker.

Alwyn van Tonder, DA raadslid van Wyk 3 en Gerhard Kruger, DA PR raadslid van Wyk 2 het hul kommer uitgespreek oor verlede maand se Rodora-plaasaanval waar vier mense insluitend ‘n kind vermoor is.

“Die DA veroordeel ten sterkste die onlangse plaasaanvalle en grusame moorde van die familie op Rodora. Ons wil graag ook ons simpatie aan die familie en vriende oordra.

“Dit het duidelik geword dat daar dadelik opgetree en aksie geneem moet word om die veiligheid van almal wat in die landelike gebiede woon te bevorder.

Die polisie asook die Minister van Polisie is verantwoordelik om die veiligheid van almal in Suid Afrika te verseker en dit sluit die Boere-gemeenskappe in,” sê van Tonder.

“Sou die DA se beleid rondom Gespesialiseerde Landelike reaksie-eenhede soos voorgestel in die parlement deur Marius Redelinghuys ernstig opgeneem en geïmplementeer word sal die voorkoming van die voorvalle, polisie se reaksietyd asook vervolging van hierdie kriminele bevorder word.

“Dit is ook belangrik dat geslote polisiestasies in landelike gebiede, soos die Kocksoord-polisiestasie, onmiddelik heropen word om sodoende die reaksietyd na die landelike gebiede te bespoedig. Die DA baklei al vir ‘n geruime tyd dat hierdie polisiestasie heropen word,” het van Tonder gesê.

Gerhard Kruger verduidelik verder, “Dienste moet nader aan die publiek gebring word en Kocksoord-polisiestasie is baie nader aan die landelike gebiede as Randfontein Polisie.”

As die regering nie die veiligheid van boere as ‘n prioriteit begin beskou nie, sal al hoe meer boere hul boerderye opgee en daarmee die voedselsekuriteit van Suid Afrika drasties beïnvloed.

“Dringende optrede word benodig om ons boere weer veilig te laat voel en sodoende die landbou in geheel te bevorder, wat verantwoordelik sal wees om voedsel vir alle Suid-Afrikaners in die toekoms te verseker. “

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Rodora family massacre: Victims identified

Rodora family massacre: 4 killed

UPDATE: Brutal family massacre condemned

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button