Local newsNews

AGS Groen Weivelde Woordskool reik uit

Almal wat aan die kursusse deelneem sal 'n gratis handleiding ontvang.

AGS Groen Weivelde se Woordskool bied in April en Mei hul eerste twee kursusse aan.

Dit beloof om die gemeenskap geestelik te verryk.

Die kursusse staan bekend as die Eerste en Tweede tree.

Die Eerste tree is ‘n vier weke lange kursus en handel meestal oor hoe ‘n persoon moet leef nadat hy of sy tot bekering gekom het. Die Tweede tree handel oor gebed en riglyne vir ‘n effektiewe gebedslewe. Dit is ‘n sewe weke kursus en is gebaseer op die module van die gebedsoond.

Dit sal die eerste keer wees dat die kursus, die Tweede tree aangebied sal word. AGS Groen Weivelde het ook elke kwartaal ‘n nuwe tema waarom hulle werk. Die kwartaal se tema is ‘Plant’.

Besprekings daarom gaan dat gebed in Christene se lewens ingeplant moet word.

Die Tweede tree begin op 13 April, elke Woensdagaand vir sewe weke om 7nm in die kerkgebou. Die Eerste tree begin op 16 Mei, elke Maandagaand om 7nm vir vier weke, ook in die kerkgebou.

Almal wat aan die kursusse deelneem sal ‘n gratis handleiding ontvang.

Pastoor Hannes van der Merwe en ander leiers van die gemeente sal die kursusse begelei. Die hele gemeenskap en hulle vriende en familie is almal hartlik welkom. Op 10 April, tydens die oggenddiens, sal daar ‘n oorsig gegee word oor wat die Tweede tree alles behels.

Enige iemand wat belangstel, skakel asseblief vir Santa Strydom op 084 581 0767 of kontak die kerkkantoor op 011 692 3880.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button