CrimeNews

Plaasmoorde – Wees paraat!

''n Plaasaanval kan enige tyd en enige plek met jou gebeur.'

Na die gru-plaasaanval in Rodora, Doornfontein is die klem weer op die belangrikheid van persoonlike veiligheid van gesinne op plase gelê.

Oorlewing in hierdie tye kan op die volgende maniere drasties verbeter word (Bron: Die Bastion Akademie Sekuriteitsopleidingsgroep):

‘n Ordentlike alarmstelsel waarvan buitewaarskuwings soos infrarooi-strale die belangrikste is.

Jy moet gewaarsku kan word as iemand by jou huis was of is – al was dit net vir ‘n paar minute. Jy kan glad nie alleen op jou honde staatmaak nie – daar is meer as 20 maniere bekend om jou hond ‘uit te skakel’.

Jy moet kan wakker word en reageer voordat aanvallers binne jou huis is in die nag.

Jy moet ‘n veiligheidspan sowel as ‘n noodplan in werking hê en jou hele gesin moet dit ken, inoefen en kan toepas. Jou planne moet onder andere ‘n ‘veiligheidskamer’ in jou huis insluit waar julle veilig kan wees totdat hulp opdaag.

Jy moet die tekens op jou plaas kan raaksien as ‘n aanval beplan word byvoorbeeld vreemde gedrag of bewegings deur jou werkers.

Kyk daagliks vir tekens soos sigaretstompies, vuurhoutjies, blikke, bottels, sitplekke, spore en urineringsplekke. As jou honde veral snags in ‘n sekere rigting blaf, gaan kyk die volgende dag in daardie rigting vir vreemde tekens.

As jy sitplekke of spore opmerk, gaan sit op daardie plekke en kyk terug na jou huis – kyk wat jy alles van daar af kan sien soos bv ‘n swak plek in jou veiligheidstelsel; ‘n plek om oor die draad te klim; ‘n venster met swak of geen diefwering en gee dadelik aandag daaraan.

Jou beste hulp is jou naaste bure, werk saam met hulle ‘n noodplan uit en kyk uit vir mekaar se welsyn en veiligheid.

Behoort ook aan ‘n groter veiligheidsorganisasie soos byvoorbeeld ‘n plaaswag en neem aktief daaraan deel.

Noodkommunikasie soos twee rigtingradio’s is absoluut noodsaaklik. Wees parraat 24/7 en onthou dat ‘n plaasaanval met jou kan gebeur, enige tyd en enige plek.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Rodora family massacre: Victims identified

Rodora family massacre: 4 killed

UPDATE: Brutal family massacre condemned

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button