NewsSchools

Geen keer aan Jannas se pom-pom span

Skool deel hul suksesresep met die dorp nadat hulle vir die vyfde agtereenvolgende keer as kampioene gekroon is.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se pom-pom span het onlangs hul wenresep met die Herald gedeel.

Die skool se pom-pom span is in 2016 vir die vyfde agtereenvolgende keer as die wenners van die Randfontein Skou se gewilde pom-pom kompetisie aangewys.

2011:

Gedurende November 2011 het ‘n Graad 8-leerling van Jan Viljoen, Veroniqué Rossouw, haar pom pom afrigter, Tammy Smit, genader en gevra of sy haar Hip Hop dansafrigter, die wêreldbekende Mario Gomes, kan nader om die Jannas Pom poms af te rig vir 2012.

Mario het op daardie stadium niks van pom-poms of ‘cheerleading’ af geweet nie maar het nogtans ingestem om die Jannas pom-poms te kom afrig en so het ons suksesverhaal begin

2012:

Oudisies het gedurende November 2011 plaasgevind en oefening het begin gedurende Januarie 2012. Min leerders het opgedaag vir oudisies en Veroniqué Rossouw moes dogters en seuns smeek om deel van die span te wees. Net twee “lifters” seuns het opgedaag. Gelukkig het Mnr. George Smit vir ons 5 Graad 10 Rugbyseuns gestuur om te help. Mario het Amerikaanse Pom poms en “cheerleading” gaan opswot en die span het aan die werk gespring en hard geoefen. Avril Bennett wat danskostuums ontwerp en maak vir “Strictly Come Dancing”, SAUK 1, 2 en 3 en M.Net faam het die span se klere gemaak.

R 15 000 se swarovski’s is aangekoop vir die dogters se rokke. Die kleurskema was “Peach”. Jannas Pom poms het besluit “Go Big of Go Home”

Groot hartseer tref die span toe Juf. Tammy Smit haar babadogtertjie, Kiara, verloor tydens geboorte twee dae voor die optrede. Die span het besluit om daardie aand hulle optrede op te dra aan Kiara.

Daardie aand het ons voor ‘n volgepakte tent vir die eerste keer die Randfontein Skou kompetisie gewen in die geskiedenis van Jan Viljoen Pom poms. Die prysgeld van R 10 000 is in ons sak en ons grootste drome is bewaarheid!

2013:

Dit was die skool se 75ste bestaansjaar en gaan die Jannas Pom pom span instaat wees om hierdie kompetisie 2 jaar in ‘n ry te wen? Almal in Jan Viljoen Hoërskool wil skielik dans en sestig leerders daag op vir die oudisies. Die span bestaan uit 32 spanlede en Veroniqué Rossouw word aangewys as “Lead Dancer”. Mario, Juf.Retha en Avril besluit op “illumines” geel as kleur vir die kostuums en die swarovski’s van die vorige jaar word van die kostuums afgehaal en op die nuwe kostuums hergebruik vir goeie geluk.

Hierdie jaar se optrede dra die span op aan die 75ste bestaansjaar van Hoërskool Jan Viljoen. Die kompetisie van ander skole is sterk maar Jannas Pom Poms wen vir 2 jaar in ‘n ry! Ons het ook die huidige Suid-Afrikaanse kampioene, Braynston Hoërskool oortuigend gewen. Ongelooflik!

2014:

Kan Jannas Pom poms weer die Randfontein Skou wen vir 3 jaar in ‘n ry? Honderde aspirant dansers daag op by die oudisies en Mario het ‘n moeilike taak om ‘n span te kies want almal by Jan Viljoen wil deel wees van hierdie wenspan.

‘n Span van 35 spanlede word verkies met Veroniqué Rossouw as kaptein en “Lead Dancer”. Weereens word ure se bloedsweet en trane ingesit en vanjaar se optrede word opgedra aan Mnr. Julius Katzke, ons Hoof en Beskermheer. Die kostuums is blou met ‘n groot swart J op die bors vir Julius Katzke en Jannas. Vorige jare se swarovski’s word weer gebruik vir goeie geluk.

Avril Bennett maak weer die kostuums en oortref haarself met die detail aan die kostuums en gehalte van die kostuums.

Die kompetisie was straf en die Jannas ondersteuners het mal gegaan in die Randfontein Skou Markiestent. Jannas Pom poms wen hierdie kompetisie vir 3 jaar in ‘n ry en die span maak Mnr. Katzke is ‘n trotse hoof.

2015:

Honderde aspirant dansers daag op vir oudisies en die vraag is kan Jannas Pom poms dit regkry om hierdie kompetisie vir 4 jaar in ‘n ry te wen?

‘n Span word gekies met 37 lede met Veroniqué Rossouw as kaptein en “Lead Dancer” vir die laaste keer as Graad 12-leerling. Dit is die finale keer wat sy haar span gaan lei en sy motiveer haar span tot nuwe hoogtes en die span werp alles in die stryd om hulleself te verbeter van die vorige jare.

Die kompetisie is straf en ander skole is honger om hierdie kompetisie te wen en die Jannas Pom pom Span is onder geweldige druk. Juf. Retha Rossouw motiveer die span en herinner hulle daaraan dat hulle moet net onthou ons kompeteer teen onsself en ons moet jaarliks probeer om op onsself te verbeter.

Veroniqé Rossouw is mal oor swarovski’s en ekstra swarovski’s word aangekoop om op die kostuums te sit en dit ekstra spesiaal te maak. Die kleur van die kostuums is “London Red” en die lap word spesiaal vir die span ingevoer vanaf England. Avril Bennett van “Strictly Come Dancing” oortref haarself met die maak van die kostuums en dit is die laaste keer wat sy die span se kostuums sal maak want later in die jaar is sy skielik oorlede.

Hierdie jaar se optrede word opgedra aan Mario Gomes en die span dans hulle harte uit en doen uiters gevaarlike toertjies om net hulle beste te lewer.

Toe die span vir ‘n 4de keer in ‘n ry die kompetisie wen het die vreugde vure hoog gebrand by Hoërskool Jan Viljoen. Dis span was dankbaar en bitter bly en die span se kaptein, Veroniqé Rossouw, kon uittree op ‘n hoogtepunt.

2016:

Weereens daag honderde aspirant dansers en “lifters” by die oudisies op en Mario het ‘n moeilike keuse.

Vanjaar het ons besluit om ‘n groter groep Graad 8 leerders in die span toe te laat om hulle die geleentheid te gee om te leer en te groei. Baie van die Graad 8 meisies doen net die “lifts” en neem waar, leer en kry die gevoel van die span.

Vir die eerste keer wys Mario ook ‘n seun, Lizandre Haywood, aan as kaptein oor die seuns en Chanté Laubscher as kaptein oor die meisies. Die “Lead Dancer” is Ashley Cowan.

Vanjaar se span is nog die grootste ooit en bestaan uit 40 spanlede. Nuwelinge beskou die oefeninge as hel op aarde maar almal is gemotiveerd en Juf.

Retha is soos gewoonlik weer haar kwaai self. ‘n Nuwe Juffrou, Juf. Chaney Lindner, raak ook deel van die span. Michelle Roets, wat Avril Bennett se besigheid oorgeneem het, is in beheer van die kostuums maak en Mario en Juf. Retha het weer soos gewoonlik groot planne en baie nuwe idees vir die kostuums.

Hierdie jaar word vir die eerste keer nie weer die ou Swarovski kristalle gebruik op die nuwe kostuums nie en nuwe Swarovki kristalle word aangekoop.

Avril Bennett wou elke jaar fraaiings opsit vir ekstra beweging tydens die danspassies en ter nagedagtenis aan haar word vanjaar vir die eerste keer swart fraaiings gebruik vir die kostuums.

Die kleurskema is “Bubble Gum” pink en vanjaar se optrede word opgedra aan Juf. Retha Rossouw vir haar harde werk die laaste 5 jaar. Juf. Retha word nie maklik beïndruk nie en verwag net die beste van die span. Gaan die span dit regkry om vir 5 jaar in ‘n ry te wen?

Juf. Retha sê aan die span dit is nou baie belangrik om te onthou ons is nie hoenders in ‘n hoenderhok nie, ons is Arende wat teen onsself kompeteer en die span moet jaarliks op hulleself verbeter. Is dit moontlik om op verlede jaar se wenspan te verbeter? Mario is seker van ‘n wen met een voorwaarde die span moet superfiks wees en weereens deur bloedsweet en trane gesit word.

Spesiale uitnodigings om die Jannas Pom poms te ondersteun word deur Tannie Tanya Cowan uitgestuur aan die volgende persone:

• Hoërskool Jan Viljoen SBL lede

• Personeellede en Admin

• Eerste Rugby Span

• Eerste Netbal Span

• Eerste Hokkie Span Meisies

• Eerste Hokkie Span Seuns

• Rappies Pom Pom Span

• RAM Pom Pom Span

Op Maandag 29 Februarie 2016 hou Hoërskool Jan Viljoen geesvang in die saal en die Jannas Pom Pom Span se gelukbringer Shorty van “O’ Schucks it is Leon Schuster” flieks sluit by ons aan om te help met die motivering van die Jan Viljoen Leerders om man en muis op Donderdagaand 3 Maart 2016 op te daag by die Randfontein Skou.

Vir die eerste keer verkoop Hoërskool Jan Viljoen ‘n rekordgetal van 730 goedkoop skoukaartjies voor die tyd om die Jannas Pom poms te ondersteun. Die hele een helfte van die tent word volgesit en die span se gelukbringer, Shorty, het die Jannas ouers en ondersteuners op hulle voete om die span te ondersteun en motiveer.

Die oomblik toe die span op die verhoog verskyn met hulle gasmaskers oor hulle gesigte was die gehoor op hulle voete en almal teenwoordig kon duidelik sien hierdie span is hier om hulle beste te lewer en te wen! Die Verhoogbestuurders van Randfontein Skou het weereens die span geluk gewens met hulle professionele optrede voor die optrede en agter die verhoog.

Die Beoordelaars gee ‘n staande ovasie en geskiedenis word gemaak toe Jannas Pom Poms vir 5 jaar in ‘n ry die Randfontein Skou wen!

Soveel mense werk agter die skerms om hierdie wen vertoning bymekaar te sit en ‘n spesiale dankie gaan uit aan die volgende persone vir hulle insette:

• Jannas Pom Pom Spanlede en hulle ouers

• Mnr. Katzke Skoolhoof Hoërskool Jan Viljoen

• Jannas Personeel en admin personeel

• Hoërskool Jan Viljoen SBL lede

• Alle leerders en oud leerders van Hoërskool Jan Viljoen

• Alle familie en vriende van Hoërskool Jan Viljoen

Hierdie dankbare nederig span tree gereeld gratis op by winkelkomplekse, kerkbasaars, ander skole en instansies as deel van hulle bydrae om terug te ploeg in die Randfontein/Wesrand gemeenskap.

Komentaar gelewer deur verskeie Beoordelaars die afgelope 5 jaar:

• “Just absolutely amazing”

• “Great energy and use of space”

• “Amazing costumes”

• “Amazing lifts”

• “Strong Performance from the beginning to the end”

• “Lifts are secure and well executed. Excellent work”

• “As a group you went for the unusual and pulled it off perfectly”

• “You have entertained your audience well”

• “Stunning costumes and grooming for the performance”

• “Powerfull performance and energy”

• “Love the attitude of the team”

• “WOW! Hip Hop and Jazz very well thought out. You guys went down as Jazz should be”

• “Very risky and brave couple and partner work”

• “What a nice surprise to see so many guys on stage”

• “Neat choreography, well rehearsed”

• “Fantastic partnering work and fantastic energy throughout, well done”

• “What a lovely big group and all those boys!”

• Uitstaande toertjies en energie

• Pragtige uitrustings

• Foutlose vertonings

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button