NewsSchools

AfriForum waarsku ouers oor skoolaansoeke vir 2017

'Ouers moet die belangrikheid hiervan verstaan.'

AfriForum doen ʼn dringende beroep op ouers om hul kinders betyds by die skool van hul keuse in te skryf vir 2017.

“Hierdie jaar was daar reeds duisende kinders wat nie plekke in skole gekry het nie weens laat aansoeke en dit dwing skole om meer kinders in te neem as wat hulle kan akkommodeer,” het Carien Bloem, projekkoördineerder vir onderwys by AfriForum, gesê.

“Dit veroorsaak gevolglik ook dat daar tot 58 leerlinge per klas is.” 

AfriForum het verneem dat daar reeds talle skole is wat hul opedae in Maart hou.

“Ouers moet dus seker maak dat hulle die datums van hul kinders se gekose skole se opedae betyds in die hande kry.

“Ouers moet ook voorbereid na die opedag gaan en die nodige dokumentasie van hul kinders beskikbaar hê om hul kinders tydens die opedag in te skryf.

Ouers moet dit ook oorweeg om hul kinders by meer as een skool te registreer om teleurstelling vir 2017 te voorkom.

“Ouers moet die belangrikheid hiervan verstaan en besef dat laat inskrywings nie geakkommodeer gaan word nie en dat hul kinders dan volgens die departement van onderwys se keuse in ʼn skool geplaas gaan word.

“Dit beteken verder dat leerlinge moontlik nie in hul moedertaal sal kan skoolgaan nie.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button