Opinion

Doen asb iets omtrent die slaggate

Ek wens iemand wil net een keer in die straat kom ry om te kyk hoe dit lyk.

Ek rapporteer slaggate al sedert 2 Novemeber 2015.

Ek het die klagtesentrum al ontelbare kere gebel en elke keer sê hulle hulle sal dit rapporteer.

Ek het ’n sekere lid van die sentrum al nege keer net in Februarie alleen gebel en boodskappe gelos.

Ek het ook al vir hom foto’s gestuur. Ek het al met iemand van ‘Municipal Issues Randgate’, ’n WhatsApp-groep wat gestig is, ook gepraat.

Dan het ek ook al met twee DA-raadslede hieroor gepraat, maar hulle het vir my gesê hulle kan dit ook net deurgee.

Ek is nou regtig al moedeloos. Hopelik sal dié brief iets oplewer.

Ek wens iemand wil net een keer in die straat kom ry en kyk hoe dit lyk, want op die foto’s lyk dit nie so erg soos wat dit is nie.

Related Articles

Back to top button