Local newsNewsUpdate

Skou bied waarde vir jou geld – skoukoördineerder

'Hierdie jaar se skou is ‘n ontploffing van karnavalkleure, klank en kos.'

As mens deesdae gaan fliek, kos dit ongeveer R60 vir tussen 90 en 120 minute se vermaak.

By die Randfontein Skou kan R60 meer as 10 uur se mengelmoes van vermaak koop,” het Marcelle Mans, skoukoördineerder belowe.

Volgens Marcelle is Saterdag, 5 Maart ‘n goeie voorbeeld van ongelooflike waarde vir jou R60.

Op die hoofverhoog sien jy vir Kurt Darren, Theuns Jordaan, Tjiff &Tjaff, Karen Zoid, Celeb braai-pie kompetisie, Dillon Lerm en die Silverblack-tromspelers.

“Op dieselfde dag is daar ‘n lugvertoning, laservertoning, boerboelskou, sterkmanvertoning, rofstoei, top kunstenaars op die Coca-Cola-, Kuierskuur- en Skousaal-verhoog, stalletjies, hondevertoning, mini sirkus, akrobate, sweepklap-demonstrasies, vuurartieste, buskers en Frank Taylor-boereorkes – alles net op een dag se spyskaart. Kom neem gerus jou familiefoto by die Skou se fotobord net agter die Skoukantoor.

“Sondag kan Skoubesoekers die dag begin met Anais, Gerhard Steyn en ‘n country-vertoning in die Kuierskuur met onder andere Monique West, Kim Lee, Karlien Husselman en JP Engelbrecht.

“Later die middag kom kuier die Transvaal Scottish Pipers saam met Pietman die Skot. Myan Subrayan bring sy boodskap van hoop vir SA net voor Bok van Blerk die hoofverhoogprogram afsluit,” het Marcelle vertel.

Daar is vanjaar geen verhoging in die toegangsgelde nie en die Skou-komitee het weer eens alles in hul vermoë gedoen om die Skou onvergeetlik vir al die besoekers te maak.

Goedkoper toegangskaartjies teen R60 is tot 2 Maart by die Skou-kantoor asook by Computicket en meer as 50 afsetpunte aan die Wes-Rand beskikbaar.

Die lys van afsetpunte en die volledige skouprogram is op die Skou-webblad www.randfonteininfo.co.za.

Toegangskaartjies by die hekke kos R70 vir Donderdag en Vrydag, en R80 vir Saterdag en Sondag. Kinders tussen 6 en 12 jaar betaal slegs R30 en vir voorskoolse kleuters is dit gratis. Pensioenarisse ouer as 65 jaar betaal slegs R30 (ID moet by die hek vertoon word).

Randfontein Skou is dié skou aan die Wes-Rand. Hierdie jaar se skou is ‘n ontploffing van karnavalkleure, klank en kos. Dis ‘n plattelandse plesierigheid met ‘n verrassing om elke hoek en draai met iets van alles en iets vir almal. Kom vier ons 30ste verjaarsdag saam met ons.

“Ons nooi almal om vir ‘n paar dae van hul dieet te vergeet – daar is heelwat nuwe kosstalletjies en lekkernye. Trek gerus jou prettekkies aan en kom loer in by 30ste Randfontein Skou vir ‘n onvergeetlike belewenis,” het Marcelle gesê.

'n Lugvertoning is op die spyskaart by vanjaar se Skou. Foto ingestuur.
‘n Lugvertoning is op die spyskaart by vanjaar se Skou. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

2016 Show has something for everyone

New extreme sport at Show

Sneak preview of 2016 R’fontein Show

R’fontein Show flashback: 1990 – 1993

R’fontein Skou-terugflits: 1994-1997

R’fontein Show flashback: late 90s to early 2000s

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button