Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Jannas bo teen Roodies, Nic Diederichs

Ten spyte van die hitte het Jannas eerste geëindig met 1018 punte.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se atlete het onlangs bo geëindig tydens ‘n tuis-atletiekbyeenkoms.

Die byeenkoms was gehou op Vrydag, 12 Februarie op Jannas se sportgronde.

Julius Katzke, Jannas-skoolhoof was voor die byeenkoms bekommerd oor hoe warm dit was vir die leerlinge wat atletiek moes doen. Ten spyte van die hitte, het Jannas met bloed, sweet en trane bo uitgekom.

Jannas was eerste met 1 018 punte, Roodepoort tweede en Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs derde.

Jannas het in totaal 131 medaljes ingepalm en ook 31 rekords verbeter. Hulle het 68 goud-, 31 silwer- en 31 bronsmedaljes verower.

Die skool het op Facebook gesê dat hulle baie trots is op elke leerling.

Kyle Zaayman, Jannas se Victor Ludorum spring hekkies.
Kyle Zaayman, Jannas se Victor Ludorum spring hekkies.

Kyle Zaayman wat die 300 meter hekkies-rekord vir seuns o.15 verbeter het sê, “Dit was baie pret en baie dankie vir die ondersteuning van Jannas-leerlinge wat in hul massas opgedaag het om ons te ondersteun.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button